Posted on Friday, April 8th, 2016

Ko Un en vriend by Kersefontein

Breyten Breytenbach

op Kersefontein se werf

hurk die ou digter

langs die vaal hond

met die deursigtige oë

en die twee praat

land en sand aanmekaar

in ‘n ewigheid van stilte

 

IMG_1989

‹ Back To Articles