Posted on Monday, April 18th, 2016

Prose / Prosa

Michel Deguy, France

Tu me manques mais maintenant

Pas plus que ceux que je ne connais pas

Je les invente criblant de tes faces

La terre qui fut riche en mondes

(Quand chaque roi guidait une île

à l’estime de ses biens (cendre d’

Oiseaux, manganèse et salamandre)

Et que des naufragés fédéraient   les bords)

 

Maintenant tu me manques mais

Comme ceux que je ne connais pas

Dont j’imagine avec ton visage l’impatience

J’ai jeté tes dents aux rêveries

Je t’ai traité par-dessus l’épaule

 

(Il y a des vestales qui reconduisent au Pacifique

Son eau fume C’est après le départ des fidèles

L’océan bave comme un mongol aux oreillers du lit

Charogne en boule et poils au caniveau de sel

Un éléphant blasphème Poséidon)

 

Tu ne me manques pas plus que ceux

que je ne connais pas maintenant

Orphique tu l’es devenu J’ai jeté

Ton absence démembrée en plusieurs vals

Tu m’as changé en hôte Je sais

Ou j’invente

 

 Figurations : poèmes, propositions, études, Paris, Gallimard, 1969

 

Ek mis jou maar nou

Nie meer as hulle wat ek nie ken nie

Ek bedink hoe hulle met jou gesigte

Die aarde peper wat ryk was aan wêrelde

(Toe elke koning ’n eiland gestuur het

volgens sy bates (voëls, mangaan en salamander)

En skripbreukelinge op die oewers versamel het)

 

Nou mis ek jou maar

Soos hulle wat ek nie ken nie

Wie se ongeduld ek verbeel met jou gesig

Ek het jou tande in drome gewerp

Jou oor die skouer bewerk

 

(Daar is Vestaalse maagde wat terugvoer na die Stille Oseaan

Sy water rook Na die vertrek van gelowiges

Kwyl die oseaan soos ‘n mongool op kopkussings

Gebondelde karkas met hare in die soutsloot

’n Olifant belaster Poseidon)

 

Ek mis jou nie meer as hulle

wat ek nie nou ken nie

Jy het Orphies geword Ek het

Jou verskeurde afwesigheid

Gegooi in verskeie valleie

Jy het my tot genooide gemaak Ek weet

Of verdig

 

Tr. Catherine du Toit

 

‹ Back To Articles